Friday, December 18, 2009
Cobras mik na Pro20 eindstryd
Die Nashua Cape Cobras staan nog 'n kans om die Standard Bank Pro 20 eindstryd te haal na 'n oorwinning oor die Nashua Dolphins in die tweede been van die halfeindronde in Durban.
Reen het spel onderbreek met die Dolphins op 59 vir 5 en volgens die Duckworth Lewis stelsyl het die Cobras met 38 lopies gewen.
Die Cobras het 'n reuse 191 vir 4 aangeteken en Herschelle Gibbs het 92 gemaak.
Die laaste halfeindstryd is Woensdag in Durban.
Die tweede halfeindstryd tussen die Warriors en die Eagles sal vanaand herspeel word nadat reen spel onderbreek het.